Posted in Academic and quantitative literacy (AQL), Academic literacy, AQL workshops, NBT AQL preparation, NBT preparation

Slim Lindeniete nou nog slimmer

‘n Klompie vriendelike matrieks het vandag in die saal van die Hoërskool Linden vergader om voor te berei vir die akademiese en kwantitatiewe geletterdheidskomponent van die Nasionale Normtoetse. Hierdie toetse, beter bekend as die NBT’s of National Benchmark Tests, word toenemend deel van universiteitstoelatingsveresistes. En Lindeniete vat nie kanse nie — as so ‘n toets geskryf moet word, wil hulle weet wat om te verwag. Dit was ‘n kwessie van: “Wys ons die hekkie en ons spring oor hom”. Continue reading “Slim Lindeniete nou nog slimmer”

Posted in Academic and quantitative literacy (AQL), Academic literacy, AQL workshops, NBT AQL preparation, NBT preparation

NBT AQL preparation: yes or no?

Can you prepare?

Question markCan or should you prepare for the Academic and Quantitative Literacy (AQL) component of the National Benchmark Tests? Of course you can. Why would you not prepare? Why would you not seek to become familiar with the unusual format of such tests? Why would you not grasp the opportunity to gain an understanding of what academic literacy means? If you do an example test and check the correct answers, you will certainly develop your ability to use academic language. And that ability is exactly what the AQL component tests! Continue reading “NBT AQL preparation: yes or no?”

Posted in Academic and quantitative literacy (AQL), Academic literacy, AQL workshops, NBT AQL preparation, NBT preparation

Bethlehem se Witteberg en Voortrekker Graad 12s oefen saam vir die Nasionale Normtoetse (NNTs)

Vandag het die Graad 12s hul welverdiende Vrydagmiddag-ontspanning opgeoffer om ‘n beter kans te staan vir universiteitskeuring en/of plasing. Die Nasionale Normtoetse (Engelse benaming NBTs) se taalkomponent is waarvoor die leerders vandag hul vaardigheid geslyp het. Dit staan bekend as ‘n toets van Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid (AKG) en moet bepaal of studente die nodige taalvaardigheid asook basiese syfer- en grafiese begrip het om in die akademiese wêreld te kan presteer.

Die werkswinkel is aangebied deur professor Albert Weideman, een van Suid-Afrika se voorste kenners van akademiese  geletterdheid en outeur van verskeie publikasies hieroor.  Albert is bygestaan deur PraysGod Mhlongo, een van sy briljante studente wat so pas sy meestersgraad met lof geslaag het. René Jordaan van Witteberg het die bekendstelling gedoen. Continue reading “Bethlehem se Witteberg en Voortrekker Graad 12s oefen saam vir die Nasionale Normtoetse (NNTs)”