Posted in Academic and quantitative literacy (AQL), Academic literacy, AQL workshops, NBT AQL preparation, NBT preparation

Witteberg Hoërskool: deursigtigheid help

AKG voorbereiding

Op 20 Maart 2018 was dit Graad 12 leerlinge van Witteberg Hoërskool, Bethlehem, se beurt om voor te berei vir die AKG-komponent (Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid) van die Nasionale Normtoetse (NNTs), oftewel NBTs in Engels.  René Jordaan, die onderwyser in lewensoriëntering, hou van die deursigtigheid wat die LCaT-werkswinkel bied. Volgens haar gee dit leerlinge definitief  ‘n voorsprong:  die werkswinkel wat die vorige jaar deur Albert Weideman van Language Courses and Tests (LCaT) aangebied is, het die Witteberg leerlinge se NBT-punte sonder twyfel verbeter.