Akademiese geletterdheid: Toets jou vermoë

Berei jy voor vir universiteitstoelating?

Vereis die universiteit dat jy ‘n akademiese geletterdheidstoets aflê? Voor hulle begin studeer aan ‘n universiteit, moet leerlinge in die senior sekondêre skool tans bewys lewer dat hulle akademiese taal kan verstaan en gebruik. Ons werkboek kan jou voorberei vir akademiese en kwantitatiewe geletterdheidstoetse, soos die Nasionale Normtoetse (NNT) – Engelse benaming: National Benchmark Tests (NBT).

Afr-cover

Akademiese geletterdheid: Toets jou vermoë

‘n Werkboek vir leerders in graad 10-12 wat besig is om voor te berei vir akademiese of kwantitatiewe geletterdheidstoetse – en veral as hulle van voorneme is om die volgende jaar as eerstejaarstudente in te skryf aan ‘n universiteit. Van Suid-Afrika se mees ervare taaltoetsontwerpers het bydraes gelewer tot hierdie boek, wat leerlinge in staat gaan stel om hulle taalvaardighede te oefen en op te skerp. [Also available in English.]

Redakteurs: Tobie van Dyk & Albert Weideman
Medewerkers: Liezl van Dyk & Zaan Bester
Prys: R185.000 + versendingskoste.
Bestel by: Geronimo Distribution.  Voltooi asseblief hul bestelvorm.

Om nog meer waarde uit hierdie boek te haal, oorweeg om die LCaT werkswinkel by te woon (kliek op die skakel om na die werkswinkel-bladsy te gaan).

Verdere goeie nuus is dat die boek ook beskikbaar is by Protea Boekehuis in Pretoria, Bloemfontein en Stellenbsoch, weliswaar teen ‘n effe hoër prys, maar u kan die versendingskoste spaar indien u in een van genoemde stede woon.

Advertisements