Vandag het die Graad 12s hul welverdiende Vrydagmiddag-ontspanning opgeoffer om ‘n beter kans te staan vir universiteitskeuring en/of plasing. Die Nasionale Normtoetse (Engelse benaming NBTs) se taalkomponent is waarvoor die leerders vandag hul vaardigheid geslyp het. Dit staan bekend as ‘n toets van Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid (AKG) en moet bepaal of studente die nodige taalvaardigheid asook basiese syfer- en grafiese begrip het om in die akademiese wêreld te kan presteer.
Die werkswinkel is aangebied deur professor Albert Weideman, een van Suid-Afrika se voorste kenners van akademiese geletterdheid en outeur van verskeie publikasies hieroor. Albert is bygestaan deur PraysGod Mhlongo, een van sy briljante studente wat so pas sy meestersgraad met lof geslaag het. René Jordaan van Witteberg het die bekendstelling gedoen.
LCaT wens die leerders alle sukses toe tydens die skryf van hierdie invloedryke toetse. Laat weet ons by albert@lcat.design hoe dit gegaan het!
NS: Daar is tans ‘n spesiale aanbod op die boek van voorbeeldtoetse en antwoorde wat in die werkswinkel gebruik word. Dit kan afsonderlik bestel word van Geronimo Distribution.