Posted in Academic and quantitative literacy (AQL), Academic literacy, NBT AQL preparation, NBT preparation

Engels-matriekuitslae is nie die beste voorspeller van sukses vir eerstejaars op universiteit nie

Navorsing deur Dr Kabelo Sebolai, adjunk-direkteur van die Taalsentrum op Stellenbosch Universiteit, toon dat goeie matriekuitslae in Engels geensins ‘n waarborg onder eerstejaars op universiteit is van akademiese taalvaardigheid, of van die breër konsep van akademiese geletterderdheid nie. ‘n Veel sterker korrelasie word gevind tussen goeie prestasie en die uitslae van akademiese geletterdheidstoetse. Hierdie toetse word deur die meeste universiteite op die een of ander stadium vereis, hesty vir toelating of vir plasing. (Die mees bekende van hierdie toetse in die Suid-Afrikaanse konteks, is die AKG-komponent van die sg. NBTs — National Benchmark Tests, of the Afrikaanse ekwivalent, NNTs — Nasionale Normtoetse.) Dr Sebolai gaan die navorsingresultate voorlê by LTRC 2019, ‘n internasionale kongres wat vanjaar in Atlanta in die VSA gehou word.

LCaT se werkboeke oor akademiese en kwantitaiewe geletterdheid (AKG) kan voornemende studente, graad 11s en 12s, se akademiese geletterdheidsvlakke opskuif. Die oefentoetse in die boek maak hulle nie alleen vertroud met die ongewone formaat van hierdie toetse nie, maar die inhoud (vrae en antwoorde) help hulle ook om groter bewustheid van akademiese denkwyse en taalgebruik te ontwikkel.

Die boek Akademiese geletterdheid: Vyf nuwe toetse, word tydens die eeste semester aangebied teen die verminderde prys van R195. Die outeur, professor Albert Weideman, moedig Graad 12s aan om eerder vroeër as later daaraan aandag te gee, vóórdat die jaar se druk hulle inhaal. Teen die tyd wat so ‘n toets afgelê moet word, is daar gewoonlik nie genoeg geleentheid om te oefen nie. As die boek nou bestel word, gee dit leerders die kans om behoorlik aandag te gee aan probleemareas. Die boek kan van Geronimo Distribution bestel word.