Vandag het die Graad 12s hul welverdiende Vrydagmiddag-ontspanning opgeoffer om ‘n beter kans te staan vir universiteitskeuring en/of plasing. Die Nasionale Normtoetse (Engelse benaming NBTs) se taalkomponent is waarvoor die leerders vandag hul vaardigheid geslyp het. Dit staan bekend as ‘n toets van Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid (AKG) en moet bepaal of studente die nodige taalvaardigheid asook basiese syfer- en grafiese begrip het om in die akademiese wêreld te kan presteer. Continue reading “Bethlehem se Witteberg en Voortrekker Graad 12s oefen saam vir die Nasionale Normtoetse (NNTs)”
Tag: Akademiese taal
Engels-matriekuitslae is nie die beste voorspeller van sukses vir eerstejaars op universiteit nie
Navorsing deur Dr Kabelo Sebolai, adjunk-direkteur van die Taalsentrum op Stellenbosch Universiteit, toon dat goeie matriekuitslae in Engels geensins ‘n waarborg onder eerstejaars op universiteit is van akademiese taalvaardigheid, of van die breër konsep van akademiese geletterderdheid nie. ‘n Veel sterker korrelasie word gevind tussen goeie prestasie en die uitslae van akademiese geletterdheidstoetse. Continue reading “Engels-matriekuitslae is nie die beste voorspeller van sukses vir eerstejaars op universiteit nie”
Gestoei om plek op universiteit: akademiese taalvaardigheid ‘n voordeel
Die jaar het nog skaars begin, en vir die Graad 12’s van 2019 lê daar in 2020 klaar ‘n gesukkel voor. Wanneer hulle later vanjaar aansoek doen om universiteitstoelating word daar vir hulle ‘n toenemende skaarste aan plekke voorspel, en veel meer intense kompetisie om ‘n studieplek te kan verseker. Nasionaal is daar eenvoudig meer aansoeke as wat daar beskikbare plekke is. Wanneer universiteite moet besluit watter aansoeke van voornemende studente aanvaar moet word, gaan hul al hoe meer op die uitslae van taaltoetse soos die akademiese en kwantitatiewe geletterdheidskomponent van die Nasionale Normtoetse (NNT’s) en soortgelyke toetse steun. Die uitwerking daarvan sal veral merkbaar wees by kursusse wat hoë aansien geniet, en vir dié wat hoog in aanvraag is. Continue reading “Gestoei om plek op universiteit: akademiese taalvaardigheid ‘n voordeel”