Berei jy voor vir universiteitstoelating?
Vereis die universiteit dat jy ‘n akademiese geletterdheidstoets aflê? Ons splinternuwe, verbeterde werkboek kan jou voorberei vir akademiese en kwantitatiewe geletterdheidstoetse, soos die Nasionale Normtoetse (NNT) – Engelse benaming: National Benchmark Tests (NBT).
‘n Uitstekende boek in Afrikaans vir matrikulante wat voorberei vir akademiese en kwantitatiewe geletterdheidtoetse.
Akademiese geletterdheid: Vyf nuwe toetse
Graad 10-12’s: Hier is ‘n werkboek vir jou om solank te oefen vir die NBT AKG-toets — met vyf volledige voorbeeldtoetse en antwoorde. Hou in gedagte dat die boek geskryf is om jou voor te berei vir enige toets van akademiese geletterdheid, ook die wat internasionaal vereis word, soos TOEFL and IELTS. Dit sluit ook een of twee subtoetse in wat nie tipies deur die NBT’s gedek word nie, maar wat jou akademiese taal en denkstrategie sal opskerp. [Also available in English.]
Outeurs: Albert Weideman & Stef Ferreira
Prys: R285.00 (sluit koerierkoste in).
Bestel by: Geronimo Distribution. Voltooi asseblief hul bestelvorm.
… meer as die NBT AKG-toets
Om nog meer waarde uit hierdie boek te put, oorweeg dit om die LCaT werkswinkel by te woon (kliek op die skakel om na die werkswinkel-bladsy te gaan).
Verdere goeie nuus is dat die boek ook beskikbaar is by Protea Boekehuis in Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Stellenbsoch.