Die akademiese wêreld wag. Is jy gereed?
Graad 12s, het julle geweet? Sommige universiteite verwag van voornemende studente om te bewys dat hulle akademiese taal kan verstaan en gebruik voordat hulle toegelaat word om met hul studies te begin. Miskien vaar jy uistekend op skool, maar hierdie toetse se formaat en inhoud is heeltemal anders as dié waaraan jy gewoond is. Boonop moet jy nou kan kompeteer met die land se bestes vir ‘n beperkte aantal plekke in ‘n moontlik gesogte kursus. Dan kan ‘n goeie NBT-resultaat die deurslag gee. Wat is die sg. NBTs en hoe kan ek voorberei daarvoor? Ons verduidelik verder …
Kom neem deel aan ‘n werkwinkel
💡Wenk: beste tyd hiervoor is Maart of April.
Die LCaT-werkswinkel sal jou help om voor te berei vir enige toets van akademiese geletterdheid wat Suid-Afrikaanse universiteite as toelatingsvereiste stel, of selfs vir een van die internasionale taaltoetse indien jy aansoek doen om toelating tot ’n buitelandse universiteit. Een van hierdie soort toetse behels die komponent van Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid (AKG; AQL in Engels) van wat bekend staan as die Nasionale Normtoetse (NNTs) of National Benchmark Tests (NBTs). Die werkswinkel en werkboek gaan jou help om:
- te oefen hoe om ’n akademiese-geletterdheidstoets af te lê;
- gewoond te raak aan die formaat van hierdie toetse;
- jou vlak van akademiese geletterdheid met behulp van die antwoorde agter in die boek te bepaal;
- jou bloot te stel aan ’n wye reeks take en oefeninge om jou akademiese taalvermoë te verbeter;
- terugvoer oor jou werk te vra en te ontvang, of oor enige gebiede wat verdere aandag benodig.
As jy jou vermoë nou toets en aspekte identifiseer waarin jy kan verbeter, sal dit jou ’n handige voorsprong bied. Die werkswinkel kos R745 en sluit die werkboek van 120 bladsye van toetse en antwoorde in.
Kontak ons
082 773 3787
028 314 0144
albert@lcat.design

Ontmoet jou aanbieder: prof. Albert Weideman

Ek is ‘n voormalige Latyn- en Engels-onderwyser en tans ‘n professor aan die Vrystaatse Universiteit. As voormalige Direkteur van die Eenheid van Akademiese Geletterdheid by die UP, het ek en my kollegas verskeie toetse en kursusse ontwerp om studente se akademiese taalvaardigheid op te skerp om sodoende struikelblokke op die weg na akademiese sukses te verminder.
Drie van die toetse word nog steeds gebruik by tersiêre instansies. Na drie boeke en meer as 30 artikels oor akademiese geletterdheid, is ek reg om julle te help om die allerbeste punt vir die NNT AKG-toets te behaal. Sien my bioskets …
Ons is die deskundiges op die gebied van akademiese geletterdheid. Vir die wiskundekomponent, beveel ons met vrymoedigheid Purple Pepper Maths aan.
AKG-werkwinkels (in persoon, maar ook aanlyn)
Aanlyn-werkwinkels (vir Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid) word deur LCaT aangebied deur middel van Google Classroom. Kontak albert@lcat.design of +27 827733787.
Leerders van die volgende skole het die werkswinkels met groot geesdrif aangepak:
- Alma Mater International School, Krugersdorp
- Afrikaans Hoër Meisieskool (AHMP), Pretoria
- Cradock High School, Marlow Landbouskool, Cradock
- Crawford College, Pretoria
- Curro, Durbanville
- Curro, Mbombela
- Eunice High School, Bloemfontein
- Hoërskool Hermanus (saam met Caledon)
- Hoërskool Oos-Moot, Pretoria
- Hoërskool Waterkloof, Pretoria
- Hoërskool Witteberg, Bethlehem
- Hoërskool Linden, Johannesburg
- Hoërskool Zwartkop, Pretoria
- Sentraal High School. Oranje Meisieskool, Bloemfontein
