Die akademiese wêreld wag. Is jy gereed?
Universiteite verwag tans van voornemende studente om te bewys dat hulle akademiese taal kan verstaan en gebruik voordat hulle toegelaat word om met hul studies te begin.
Kom neem deel aan ‘n werkwinkel
Die LCaT-werkswinkel sal jou help om voor te berei vir enige toets van akademiese geletterdheid wat Suid-Afrikaanse universiteite as toelatingsvereiste stel, of selfs vir een van die internasionale taaltoetse indien jy aansoek doen om toelating tot ’n buitelandse universiteit. Een van hierdie soort toetse behels die komponent van Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid (AKG; AQL in Engels) van wat bekend staan as normtoetse of Nasionale Normtoetse (NNT’s). Die werkswinkel en werkboek gaan jou help om:
- te oefen hoe om ’n akademiese-geletterdheidstoets af te lê;
- gewoond te raak aan die formaat van hierdie toetse;
- jou vlak van akademiese geletterdheid met behulp van die antwoorde agter in die boek te bepaal;
- jou bloot te stel aan ’n wye reeks take en oefeninge om jou akademiese taalvermoë te verbeter;
- terugvoer oor jou werk te vra en te ontvang, of oor enige gebiede wat verdere aandag benodig.

As jy jou vermoë nou toets en aspekte identifiseer waarin jy kan verbeter, sal dit jou ’n handige voorsprong bied. Die werkswinkel kos R645 en sluit die werkboek van 120 bladsye van toetse en antwoorde in.
Kontak ons
082 773 3787
028 314 0144
albert@lcat.design
Ontmoet jou aanbieder: prof. Albert Weideman

Ek is ‘n voormalige Latyn-en Engels-onderwyser en tans ‘n professor aan die Vrystaatse Universiteit. As voormalige Direkteur van die Eenheid van Akademiese Geletterdheid by die UP, het ek en my kollegas verskeie toetse en kursusse ontwerp om studente se akademiese taalvaardigheid op te skerp om sodoende struikelblokke op die weg na akademiese sukses te verminder. Drie van die toetse word nog steeds gebruik by tersiêre instansies. Na drie boeke en meer as 30 artikels oor akademiese geletterdheid, is ek reg om julle te help om die allerbeste punt vir die NNT AKG-toets te behaal. Sien my bioskets …
Ons is die deskundiges op die gebied van akademiese geletterdheid. Vir die winskundekomponent, beveel ons met vrymoedigheid Purple Pepper Maths aan.
AKG-werkwinkels (aanlyn en in persoon)
Aanlyn-werkwinkels (vir Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdeheid) word deur LCaT aangebied deur middel van Google Classroom of Skype. Kontak albert@lcat.design of +27 827733787.
Die volgende skole het die werkswinkels met groot geesdrif afgelê:
2021 – Afrikaans Hoër Meisieskool (AHMP), Pretoria
2021 – Curro, Mbombela
2021 – Hoërskool Zwartkop
2021 – Hoërskool Linden, Johannesburg
2021 – Hoërskool Waterkloof, Pretoria
2021 – Crawford College, Pretoria
2021 – Sentraal High School. Oranje Meisieskool, Bloemfontein
2021 – Alma Mater International School, Krugersdorp
2021 – Meer as 100 Grade 11s van skole oor die land heen (Aanlyn in samewerking met SOS en Purple Pepper Maths)
2020 – Hoërskool Sentraal; St Andrews, Bloemfontein
2020 – Hoërskool Witteberg; Voortrekker High School, Bethlehem
2020 – Hoërskool Waterkloof, Pretoria
2020 – Hoërskool Linden, Johannesburg
2020 – Cradock High School, Cradock
2020 – Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein gekanseller as gevolg van COVID-19
2019 – Crawford College, Pretoria
2019 – Hoërskool Linden
2019 – Hoërskool Waterkloof, Pretoria
2019 – Crawford College, Pretoria
2019 – Hoërskool Witteberg, Bethlehem
2018 – Crawford College, Pretoria
2018 – Hoërskool Witteberg, Bethlehem
2018 – Hoërskool Waterkloof, Pretoria
2017 – Eunice High School, Bloemfontein
2017 – Oranje Meisieskool, Bloemfontein
2017 – Hoërskool Waterkloof, Pretoria
2017 – Crawford College, Pretoria
2016 – Hoërskool Waterkloof, Pretoria
2016 – Eunice High School, Bloemfontein