Posted in Aanlyn-werkswinkels, NBT AQL preparation, NBT preparation, NBT-Maths, NNT-voorbereiding in Afrikaans

Voorbereiding vir Nasionale Normtoetse (NBT’s): Graad 11’s

Dis nooit te vroeg

Purple Pepper Maths en LCaT bied vanjaar weer in samewerking met die Skole Ondersteuningsentrum (SOS) werkswinkels aan in wiskunde en taal vir Graad 11’s.

Verlede jaar is die werkwinkels aan ʼn uitsoekgroep van meer as 100 Graad 11’s oor die hele land bekendgestel. Dit het besonder positiewe reaksie ontlok. Daarom doen ons dit vanjaar weer.

Hierdie is om leerders vroegtydig bewus te maak van die vereistes vir universiteitstoelating. Ons gaan dus in die eerste semester van volgende jaar, 2022, ook weer die Graad 12’s (vanjaar se Graad 11’s) help om voor te berei vir die soort toetse wat hulle vir toelating moet aflê.

Die kompetisie is sterk; dis nooit te vroeg om te begin oefen nie!

Hoe om in aanmerking te kom? Dis maklik: vul die aanlynvorm in.

Vir meer besonderhede, sien die volledige SOS-brief aan skoolhoofde: https://form.jotform.com/212590921108552

#NNT

#NBT