Het jy jouself al die guns gedoen om in te skryf vir die NBT-voorbereiding in Akademiese en Kwantitiewe Geletterheid (AKG) by Sentraal? Indien nie, moet jy opskud: daar is slegs beperkte plekke oop vir die werkwinkel in die Jeugkamer van die NG Gemeente Berg-en-Dal, op 2 Maart. [Let wel dis die nuwe plek. Die nuwe tyd is 15:00.] Maar daar is verdere goeie nuus …

Ons vennoot, Purple Pepper Maths, gaan op Saterdag 20 Maart julle voorberei vir die wiskunde-komponent van die NBTs. Julle kan nou al inskryf! Praat met jou ouers oor die inskrywing en die koste, dis ‘n uitgawe waaroor julle nie sal spyt wees nie.
Kontakbesonderhede
+27 72 582 4417 Reinette le Roux
Kantoor-ure Mo – Fri, 8:30-4:30
#PurplePepperMaths
Tweet