Posted in Aanlyn-werkswinkels, NNT-voorbereiding in Afrikaans

Graad 11’s, doen jul NBT-voorbereiding vroegtydig: taal en wiskunde

‘n Eerste: In samewerking met die Skole Ondersteuningsentrum (SOS), bied twee ervare deskundiges, prof. Albert Weideman (taal) en Duard le Roux (wiskunde), aanlyn-werkswinkels aan vir Graad 11’s.

Hoekom? Vir universiteitstoelating gaan jy in Graad 12 moontlik ʼn akademiese geletterdheidstoets moet aflê soos die AKG of AQL, wat deel is van die Nasionale Normtoetse (NBT’s), asook die wiskunde-toets (van die NBT of National Benchmark Test).

Maar wat van Graad 11’s? In 2021 is hulle reeds in Graad 12, en daar is min tyd vir voorbereiding in die matriekjaar.

Plekke op universiteit is skaars, en mededinging skerp. Moenie die stelling glo dat jy nie kan voorberei nie: dis doodgewoon onwaar. Jy kan, en hoe gouer jy begin, hoe beter.

Sluit dus by ons aan vir ʼn stel aanlyn-werkwinkels vir akademiese taalvaardigheid en vir wiskunde vir Graad 11’s, op

  • Maandag 26 Oktober: Inleidende sessies
  • Donderdag 29 Oktober: Opvolgsessies

Besonderhede van inskrywing is te kry in die SOS brief aan skoolhoofde
Registreer deur op hierdie skakel te kliek: http://bit.ly/NNT_Graad11
Navrae kan gerig word aan Colette Scott by admin@skole.co.za